“Ons erfenis: Tente in die wind, 2021”


“Ons erfenis: Tente in die wind, 2021”
80 gevoude “vintage” plakkate
Installasie by die Voortrekker Monument, Aardklop 2021 Uitstalling
Kurator, Dineke van der Walt.

In die jaar 2000, ry ek en Reney iewers buite Bronkhorstspruit verby ‘n dodgy ‘erfenis’ plaas. Ek vermoed ons is ingelaat oor my Afrikaner naam en van. Ons ry ‘n dor plaaswerf binne. In ‘n nabygelee veld wapper ‘n paar konsentrasiekamptent replikas in die wind, uit duvet inner lap gemaak, spookagtig dansend op die landskap. Die res van die plaas was skrikwekkend konserwatief en bevooroordeeld. Ons maak onsself uit die voete.

­­

Toe Dineke die voorbeelde van die plakkate deurstuur, dink ek dadelik aan my ou tente foto van dekades gelede, (hieronder) maar ook aan hoe ingeryg tente by die monument self was met die 1949 …. foto van Margaret Bourke White.. tbc

 

Ek vou die plakkate (die koppie met dieselfde knock wat Beukes geskilder het) om te lyk soos tente, ‘n ouwereldse, romantiese weergawe van die landskap. Die bros papier skeur maklik soos ons vou, die koppie landskap skeur. Die plakkate is nou so weerloos soos ons die planeet gemaak het.




Next
2020 Finding the eye of Jukskei river beneath Joburg
Previous
2021 Merkmaak




More Portfolios